Jeffrey John Clapperton (80) is sedert Sondag 16 Julie 203, te Witbank (Emalahleni) in Mpumalanga, vermis.
Hy is die laaste keer opgemerk toe hy met ‘n Hyundai Atos, met registrasienommer FXJ 072 MP, op die Ou Middelburgpad na Crescent Complex in Witbank onderweg was.
Clapperton was in ‘n baadjie, donkerkleurige broek, seilskoene en ‘n hoed geklee.
Enigiemand wat oor inligting beskik oor waar hy hom bevind, kan met die volgende persone in verbinding tree:
Witbank-SAPD – 013 6555052 of Missing Children South Africa – 072 647 7464
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



