Graad 1-Rappie oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Rudi Hübner (7) ‘n gr. 1-leerder van Laerskool Rapportryer in Randfontein, Gauteng, is Saterdag 15 Julie 2023 oorlede.

Die skool het sy afsterwe drie dae gelede op sosiale media aangekondig.

Sy afskeidsdiens vind volgens Econo Funeral Services Saterdag 22 Julie in Rustenburg, Noordwes, plaas.

Die skool se plasing lees soos volg:

Dit is met groot hartseer en opregte simpatie dat ons vandag u moet meedeel van die tragiese afsterwe van een van ons gr.1-leerders, Rudi Hübner.

Nog ‘n engel het die ewige huis betree en ons kan nie die trane wat val verhoed nie. Ons harte het tyd nodig om te rou maar wanneer ‘n geliefde huis toe gaan om God te ontmoet, kan ons troos vind in die wete dat wanneer ons beurt kom, ons geliefdes daar sal wees om ons te verwelkom.

Ons gebede is met Rudi se ouers, familie en vriende in hierdie vreeslike hartseertyd.

Rus sag mooiste seuntjie tot ons weer ontmoet.

https://www.backabuddy.co.za/rudi-hubner-5654097349829671836

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.