Vyf moordverdagtes is Saterdagaand noodlottig gewond in ‘n skietgeveg met die polisie in die Bhucanana-omgewing in die Ntambanana-polisiëringsgebied.
Die oorledenes is volgens die polisie gesoek in verband met ‘n moord op ‘n 31-jarige man wat die oggend van 1 Julie 2023 by ‘n taxistaanplek in die Ndlangubo-omgewing in Eshowe doodgeskiet is.
Die verdagtes het glo na die taxistaanplek gegaan en geld geëis wat vroeër die dag ingevorder is. Skote is afgevuur en die slagoffer is raakgeskiet. Hy is op die toneel dood verklaar. ‘n Vuurwapen is langs sy liggaam gevind.



