Die Suid-Afrikaanse sanger Prop en sy vrou, Mieke, het hulle babaseuntjie in die wêreld verwelkom.
Prop het die nuus op sosiale media bekendgemaak en ‘n paar foto’s gedeel.
“My mense. Van julle het al gehoor van ons vreugde, maar vandag wil ek dit graag met die wêreld deel. Ek stel my seun Adriaan van Rooyen aan julle voor. Ons is geseënd. Hierdie foto’s Appelliefie Art & Photography is so mooi ek moes dit net deel.”



