Die liggaam van die 23-jarige Thembinkosi Sihle wat in Junie 2023 verdrink het terwyl hy koeie opgepas het tydens kitsvloede, is ‘n kort rukkie gelede gedeeltelik begrawe in Ottawa, KZN, gevind.
’n Skrootversamelaar wat langs die rivier werksaam was, het ’n arm en deel van ’n liggaam ontdek wat uit die sand gesteek het.
Die inligting is aan ander reaksiebeamptes oorgedra. Rusa-lede is omstreeks 11:09 na die toneel ontbied en het etlike meters deur oorgroeide plantegroei gestap om die rivieroewer te bereik waar die gedeeltelik begrawe liggaam gevind is.
Twee silwer ringe aan die oorledene se hand en ‘n rooi baadjie het beamptes laat glo dat die liggaam dié was van Sihle wat Dinsdagmiddag verdrink het terwyl hy tydens ‘n hewige storm ‘n rivier probeer oorsteek het.
Sy familie is tans op die toneel en het die liggaam positief uitgeken.



