Lance James sou vandag verjaar het

Deel hierdie storie / Share this story

Die legendariese sanger, Lance James, sou vandag sy 85ste verjaarsdag gevier het.

Lance, wat ook van 1954 tot 1985 ‘n radiogasheer by Springbok Radio was, het tydens sy roemryke loopbaan verskeie treffers uitgereik, en in 2009 is hy vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek deur Huisgenoot Skouspel vereer.

James is in 2020 oorlede.