Laerskoolleerling (9) sterf tragies na skietvoorval

Deel hierdie storie / Share this story

Tiano Anthony (9) is op 9 Julie 2023 in die kop geskiet terwyl hy buite sy huis in Manenberg, Kaapstad, gespeel het.

Nadat Tiano geskiet is, het hy op die sypaadjie inmekaargesak en is na die Rooi Kruis-kinderhospitaal gehaas vir mediese behandeling. Tiano is op 10 Julie 2023 in die hospitaal dood weens ernstige beserings.

Daar word beweer dat ‘n man (34) in hegtenis geneem is wat op dieselfde eiendom as die oorledene gewoon het. Hy het na bewering die skietery beken en beweer ‘n skoot het per ongeluk afgegaan terwyl hy sy vuurwapen skoongemaak het, berig Women for Change.

Die polisie het gesê die voorval was nie bendeverwant nie. Tiano was ‘n gr. 3-leerder van Laerskool Easter Peak.