Lees ook: Tour de France: vrou wat botsing veroorsaak, in hegtenis
‘n Toeskouer het Sondag ‘n botsing tydens die Tour de France veroorsaak toe hy ‘n selfie geneem en sy arm in die pad van ‘n fietsryer gesteek het.
Die persoon het sy arm uitgesteek om die selfie te neem en het die Amerikaanse fietsryer Sepp Kuss raakgeslaan, wat veroorsaak het dat hy geval en die fietsryers agter hom ook laat val het.
Minstens 200 fietsryers was of betrokke in die ongeluk of opgehou daardeur. Die selfievoorval het 130 van die eindstreep af tydens fase 15 van die Tour de France gebeur.
Al die fietrsyers in die ongeluk kon aangaan met die resies. Dit volg na daar Saterdag ook ‘n ongeluk was waartydens verskeie fietsryers geval het.
Bronne: DW – South Africa, BBC, Insider
Lees ook: Tour de France: vrou wat botsing veroorsaak, in hegtenis



