Driejarige word gesig van broodmaatskappy

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Driejarige meisie se lewe het in ‘n oogwink verander nadat sy deur die bekende broodmaatskappy Albany raakgesien is en sy die gesig van die maatskappy geword het.

Lethukukhanya Mjaji het ‘n brood vir haar gesin gaan koop en op pad huis toe in modderwater met die brood in haar hand gespeel.

LungJisNi Mjaji, haar oom en kommersiële fotograaf, het ‘n paar foto’s van haar geneem en dit aanlyn geplaas. En soos die spreekwoord sê, “was die res geskiedenis.”

Die foto’s het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.

Mjaji het die aandag getrek van die maatskappy wat die brood vervaardig en hulle het ‘n foto van haar op hul advertensieborde en afleweringsvragmotors begin gebruik. Dit het hul verkope aansienlik verhoog en daarom het hulle besluit om die dogtertjie te beloon.

Vandat hierdie dogtertjie op ‘n kinderlike, sorgvrye manier in die modder gespeel het, het haar gesig SA se voorste broodhandelsmerk geword. Sy het van ‘n onskuldige meisie wat brood gaan koop tot die broodwinner van haar gesin verander.

Intussen het Bokomo gesê hulle wil graag ‘n jaar se voorraad graanvlokkies aan Lethukukhanya oftewel “Miss Albany” se familie gee.