Meisie (18) vermis na sy saam met onbekende man in motor klim

Deel hierdie storie / Share this story

Die 18-jarige Chereece Naidoo van Umhlatuzana Kwazulu-Natal word sedert Sondag vermis.

Volgens haar familie is sy gister omstreeks 13:00 laas gesien toe sy in ‘n wit Renault-voertuig geklim het wat deur ‘n bejaarde man bestuur is. Geen registrasienommer is aangeteken nie en die man is nie geïdentifiseer nie.

Naidoo is kort met ‘n medium gelaatskleur, het krullerige swart hare en het ‘n blommetatoeëermerk op haar linkerpols.

Ten tyde van haar verdwyning was sy geklee in ‘n veelkleurige gebreide top en ‘n paar blou jeans.

Haar familie het haar as vermis aangemeld by Chatsworth-SAPD met verwysing OB No. 1686/07/2023 en sirkulasienr. 255/07/2023.

Indien jy enige inligting het oor Naidoo is, skakel asseblief Reaksie-eenheid Suid-Afrika by 0861234333 of Prem Balram (Rusa) by 0721706100.