Lees ook: Rosemary Ndlovu weer in hof vir sameswering om moord te pleeg
’n Man wat glo Saterdag ’n polisiesersant in Limpopo doodgeskiet het, is ure later in ’n ander provinsie in hegtenis geneem.
Die Valke het Saterdag ’n man (33) in Braamfontein in hegtenis geneem vir die moord op ’n polisiesersant wat vroeër die dag doodgeskiet is terwyl hy van diens af was in Limpopo. Die verdagtes wat sers. Terrence Kutullo Makgatho doodgeskiet het, het ‘n brons Volkswagen Golf 7 GTI bestuur.
Dieselfde voertuig is ure later in Johannesburg gesien waar die Valke dit tot in Braamfontein gevolg het.
Die bestuurder van die voertuig is in hegtenis geneem vir die moord en die polisie het die vuurwapen wat moontlik in die moord gebruik is, in die verdagte se huis gevind.
Hy sal vandag in die Lebowakgomo-landdroshof verskyn op aanklagtes van moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
Bronne: IOL, VN Explorer, News24
Lees ook: Rosemary Ndlovu weer in hof vir sameswering om moord te pleeg



