Suid-Afrikaanse sepiekykers moes Maandag met skok verneem dat een van die gewildste Afrikaanse sepies, 7de Laan, na 23 jaar in Desember tot ‘n einde kom.
Die onverwagse nuus is in ‘n verklaring van die SAUK en Danie Odendaal-produksies bekendgemaak.
“Die SAUK is trots om saam met Danie Odendaal-produksies te kon werk en deel te kon wees van ‘n reis om die beste Afrikaanse sepie op plaaslike televisie vir SABC 2 te vervaarig. 7de Laan het die harte van miljoene Suid-Afrikaners aangeraak,” lui die verklaring.
Kyk hier na ‘n paar video’s van oor die jare.



