Elton John en sy man getuig in Kevin Spacey-verhoor

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Kevin Spacey ontken ‘aggressiewe’ optrede in seksuele-aanrandingverhoor

Elton John en sy man, David Furnish, gaan vir die verdediging in die verhoor van Kevin Spacey getuig.

David Furnish het vanoggend getuig deur ‘n videoskakel vanuit Monaco voor Elton John gevra is vir sy getuienis.

Elton John is gevra oor Spacey se bywoning van ‘n liefdadigheidsgebeurtenis in die vroeë 2000’s. Spacey het glo die drywer op pad na die gebeurtenis, wat deur Elton John aangebied is, seksueel aangerand.

Elton John het gesê Spacey het by hulle huis in Windsor oorgeslaap na die gebeurtenis, maar hy het bygevoeg: “Ek kan nie onthou dat hy daarna weer by ons was nie”.

Elton John is ook gevra oor ‘n foto van die man buite ‘n teater toe Elton die teater verlaat het om iewers anders heen te gaan. Elton John het gesê hy herken nie die man nie en sou hom in elk geval nie gesien het nie, want “dis altyd ‘n gejaag” om by sy kar te kom.

Kevin Spacey word aangekla van seksuele misdrywe teen vier mans terwyl hy tussen 2001 en 2013 in die VK was. Hy het alle aanklagtes teen hom ontken.

Bronne: Daily Mail, LBC, Evening Standard

Lees ook: Kevin Spacey ontken ‘aggressiewe’ optrede in seksuele-aanrandingverhoor