Drie kinders sterf wat glo giftige kos geëet het

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Selfie tydens Tour de France veroorsaak val

Drie kinders is oorlede na hulle glo op 13 Julie iets giftigs geëet het wat hulle moontlik by onwettige asgate naby hulle huis in die Taiwan- informele nedersetting in Khayelitsha gekry het.

Die drie kinders, twee seuns (albei 6) en ‘n meisie (1) het pap en wors by die huis geëet voor die seuns by die onwettige asgate gaan speel het terwyl die meisie by haar ouma gebly het.

Die ouma van twee van die drie kinders, Nomemeza Jada, het vir IOL gesê sy het die seuns pap en wors gegee wat oor was van die vorige aand en vir die meisie het sy pap en suurmelk gegee. Sy het ook gesê sy en haar seun het ook van die kos geëet.

Volgens Jada het een van die seuns kort daarna vir sy ma gesê hy voel nie lekker nie, waarna hy flou geword het en styf getrek het. Toe hulle hom na St John’s neem, het hulle die ander seun, wat ook siek was, se ma daar gekry.

Die meisie het ook siek geraak by ’n vrou van die kerk. Sy is in die kerk oorlede. Albei seuns is ook oorlede.

Die Jada-familie het gesê die polisie ondersoek die saak. Die potte waarin die kos gekook is, is weggeneem vir toetse.

Die familie het gesê hulle dink die seuns het iets by die asgate geëet wat giftig was. Die meisie het kort voor haar broer flou geword het aan hom gevat, dus is die vermoede sy het haar vinger in sy mond gedruk en is so vergiftig.

Die polisie is vir meer inligting gekontak.

Bronne: IOL, VN Explorer, The Africa

Lees ook: Selfie tydens Tour de France veroorsaak val