‘Onwettige myner’ op Orkney doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Onwettige myner beweer Harmony Gold het opsetlik Welkom-myn ‘opgeblaas’

‘n Vermoedelik onwettige myner is Woensdag op Orkney in Noord-Wes doodgeskiet.

‘n Groep “onwettige myners” in drie minibustaxi’s en ‘n bakkie is Woensdag deur die polisie voorgekeer.

Noord-Wes se polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het gesê van die “onwettige myners” het probeer vlug en het op die polisie geskiet. Die polisie het teruggeskiet. Een verdagte is gewond en het later in die hospitaal gesterf. Altesaam 28 van die vermoedelik onwettige myners is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Okrney-landdroshof verskyn.

Hulle word aangekla van sameswering om moord te pleeg, poging tot moord en die oortreding van die Immigrasiewet.

Bronne: IOL, News365, Be Loud

Lees ook: Onwettige myner beweer Harmony Gold het opsetlik Welkom-myn ‘opgeblaas’