Geen borg vir vrou wat glo seun (4) met kookwater gooi

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vrou (22) wat seuntjie (4) glo met kookwater gooi, Vrydag in die hof

Die vrou (22) wat glo ‘n seun (4) in Langa met kookwater gegooi het, het Vrydag in die Bishop Lavis-landdroshof voorgekom. Sy is borg geweier omdat sy geen berou vir haar aksies gewys het nie.

Asanda Makaluza het in die hof gesê sy het gestruikel en het nie die seun aspris gebrand nie. Die staatsaanklaer het gesê die gemeenskap is beter af sonder haar.

Sy word aangekla van aanranding met die doel om ernstige liggamlike skade aan te rig na sy die seun op 24 Junie met kookwater gegooi het toe hy en maatjies glo buite haar hek gespeel het.

Die saak is uitgestel tot 22 September vir verdere ondersoek.

Bronne: EWN, News24, Head Topics

Lees ook: Vrou (22) wat seuntjie (4) glo met kookwater gooi, Vrydag in die hof