Onwettige myner beweer Harmony Gold het opsetlik Welkom-myn ‘opgeblaas’

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Een van die twee onwettige myners wat die ontploffing by ‘n Harmony Gold-myn in Welkom in Mei oorleef het, het glo gesê hy weet “wat eintlik gebeur het”.

Minstens 31 onwettige Lesotho-myners is op 18 Mei oorlede na ‘n gasontploffing in ‘n mynskag wat al jare buite werking is.

Die myner wat oorleef het, het aan EWN gesê “sekuriteitspersoneel van Harmony Gold het bomme in die mynskag afgegooi en dit opsetlik opgeblaas”.

In ‘n video wat op sosiale media versprei is, ry drie voertuie glo weg van die mynskag waar die ontploffing plaasgevind het. Harmony Gold se woordvoerder het die bewerings ontken en gesê dit is “baie onverantwoordelik om sulke aantygings te maak”. Die woordvoerder het ook gesê hulle het die video gesien en “dit bewys niks”.

Ten minste 28 liggame is steeds ondergrond.

Bronne: EWN, The Citizen, Briefly

Lees ook: Gewapende verdagte wat ambulans ‘kaap’ in hegtenis geneem