Gewapende verdagte wat ambulans ‘kaap’ in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

‘n Verdagte wat gister ‘n ambulans op ‘n ongelukstoneel gekaap het, is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Die ambulans is deur ‘n gewapende verdagte op die toneel van ‘n botsing gekaap. Een van die mans wat in die botsing betrokke was, het glo in die ambulans geklim en die paramedici gedreig om uit te klim. Die verdagte het daarna weggejaag.

Die verdagte het in verskeie ander voertuie vasgery voor hy in hegtenis geneem is. Die verdagte is deur die Estcourt-SAPD in hegtenis geneem.

Die polisie is besig om die voorval verder te ondersoek.

Bronne: IOL, ECR, Lowvelder, Facebook

Lees ook: Meisie (7) verdrink op uMhlanga