Lees ook: Jacob Zuma is in Rusland vir mediese behandeling
Die polisie op Bushbuckridge is op soek na verdagtes wat skielik Donderdagaand in ’n drankwinkel begin skiet het. Twee persone is doodgeskiet, een is ontvoer, asook is sy voertuig gekaap.
Volgens die polisie se inligting het ’n groep gewapende mans een man doodgeskiet wat by ’n drankwinkel uitgekom het. Hulle het ook ’n ander slagoffer in die rug geskiet naby die drankwinkel. Daarna het hulle ’n man in sy Toyota Hilux gekaap en ontvoer. Hy is later afgelaai en die gewapende mans is weg met sy voertuig.
Die polisie vra dat enigiemand met inligting die polisie kontak by 08600 10111.
Bronne: SAPS



