Lees ook: Hof beslis Zuma moet teruggaan tronk toe
Die voormalige president, Jacob Zuma, is in Rusland waar hy mediese behandeling ontvang vir ‘n onbekende siekte. Zuma het vroeër die week na Moskou, Rusland, gereis.
Die woordvoerder vir die Jacob Zuma-stigting het vandag bevestig Zuma is in Rusland vir mediese behandeling. Dit volg na die konstitusionele hof beslis het dat Zuma terug moet gaan tronk toe.
Zuma is op mediese parool vrygestel na hy tot 15 maande tronkstraf gevonnis is toe hy geweier het om voor die Zondo-kommissie te verskyn. Die hof het beslis Zuma moes nooit vrygestel gewees het nie en hy moet teruggaan tronk toe.
Die departement van korrektiewe dienste het gesê hulle sal regsadvies kry oor die hof se besluit.
Bronne: IOL, The Citizen, DFA, News24
Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir klag van moord op beweerde bendelid



