Lees ook: Vyf beweerde dwelm ‘kingpins’ in hegtenis geneem
Drie beweerde dwelmbase is Donderdag in Qwaqwa en Harrismith in hegtenis geneem.
Die polisie het inligting ontvang van die gemeenskap oor iemand wat nyaope verkoop in Qwaqwa,. Hulle het die persoon (25) in hegtenis geneem en 34 pakkies nyaope gekry.
Hierdie inhegtenisneming het die polisie gelei na nog twee verdagtes op Harrismith, ’n vrou (47) met 1 200 pakkies nyaope en ’n man (36) met 98 pakkies nyaope.
Die verdagtes het gister in die Harrismith- en Phuthaditjhaba-landdroshowe verskyn.
Bronne: SAPS



