Gesteelde voertuig op Oshoek gekry

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Twee mense dood, een ontvoer in Dwarsloop, Bushbuckridge

’n Wit Toyota Fortuner wat vandeesmaand as gesteel in Durban-Noord aangemeld is, is Donderdag met vals registrasienommerplate op Oshoek gekry.

Die voertuig, met twee insittendes, is op pad na Eswatini as gesteel geïdentifiseer..

Die insittendes, ’n Suid-Afrikaner (55) en Malawiese burger (42) is in hegtenis geneem op die aanklagte van die besit van ’n gesteelde voertuig. Hulle het gister in die Elukwatini-landdroshof verskyn.

Die polisie ondersoek of hulle die voertuig gesteel het.

Bronne: SAPS

Lees ook: Twee mense dood, een ontvoer in Dwarsloop, Bushbuckridge