Verkragter van Calvinia gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

Benjamin Geswindt (32) is op 11 Julie tot 28 jaar tronkstraf gevonnis na die verkragting van ‘n 22-jarige slagoffer met ‘n geestesversteuring.

Lees ook: ‘Ek het parlement aan die brand gesteek’ sê Zandile Mafe

Volgens sers. Molefi Shemane, polisiewoordvoerder, was die slagoffer op 5 Junie 2022 alleen in Calvinia West toe Geswindt haar na ‘n oop veld gelok en haar verkrag het.

‘n Ooggetuie het die slagoffer se pa in kennis gestel en Geswindt is in hegtenis geneem.

Hy was in aanhouding tot hy op 11 Julie gevonnis is.