Vrou (22) wat seuntjie (4) glo met kookwater gooi, Vrydag in die hof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vrou wat seun (4) glo met kookwater gooi in hegtenis geneem

Die vrou wat ‘n seuntjie (4) glo met kookwater gegooi het toe hy en sy maatjies voor haar hek gespeel het, sal Vrydag in die Bishop Lavis-landdroshof vir haar borgaansoek verskyn.

Unako Khala het derdegraadse brandwonde opgedoen na Asanda Makaluza (22) na bewering ‘n ketel vol kookwater op hom gegooi het.

Makaluza is eers verlede week in hegtenis geneem na die voorval op 24 Junie, ná die gemeenskap na die polisiestasie gemarsjeer het.

Unako se tannie het aan die Daily Voice vertel hy is te bang om uit te gaan na wat gebeur het.

Makaluza is in hegtenis geneem op ‘n aanklag van aanranding met die bedoeling om ernstige liggaamlike skade te doen.

Bronne: EWN, Daily Voice, News365

Lees ook: Vrou wat seun (4) glo met kookwater gooi in hegtenis geneem