Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
‘n Vrou (22) is gister in hegtenis geneem na sy glo ‘n seun (4) met kookwater gegooi het.
Daar word beweer Unako Khala (4) en sy maatjies het op 24 Junie by die hek van die vrou se huis gespeel toe sy uitgekom het en kookwater op hom gegooi het om hom weg te jaag.
Die vrou is nie dadelik in hegtenis geneem nie. Inhegtenisneming het eers plaasgevind toe inwoners van Langa na die polisiestasie gemarsjeer het om aksie te eis.
Die polisiewoordvoerder, FC van Wyk, het gesê ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is by die Langa-SAPD aangemeld. Die saak is aan die Bishop Lavis-FCS gestuur en die vrou is in hegtenis geneem.
Sy sal in die hof verskyn wanneer sy formeel aangekla is.
Bronne: IOL, News24, Pressreader
Lees ook: Polisie op soek na familie van ongeïdentifiseerde man



