Twee voertuie het Donderdagmiddag in Jabu Ngcobo-pad in Verulam teen mekaar gebots.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het lede omstreeks 17:40 op die toneel aangekom. ‘n Maroenkleurige Opel Corsa-bakkie en ‘n wit Ford-bakkie was in die botsing betrokke.
Die voertuie was volgens Rusa glo in teenoorgestelde rigtings op pad toe die botsing plaasgevind het.
Niemand is in die ongeluk beseer nie.



