Riaan Benadé uit hospitaal ontslaan

Deel hierdie storie / Share this story

Riaan Benadé (31), bekende sanger van SpontaanGooi Nog ‘n Whiskey en Rowwe Bliks*m, het ‘n plasing op sy Facebook-blad gemaak om te bevestig dat hy beroerte gehad het.

Die sanger was sedert Donderdagmiddag in Kloof-hospitaal en is vandag ontslaan. Hy skryf op sosiale media: ó

Ek’s ontslaan. Ek’s gesond, ek moet my cholesterol en bloeddruk dophou. Ek kom nounet van my laaste toets af by Unitas en daar is ‘n gaatjie in my hart wat seker al daar is van geboorte af… who knew.🤨

Ek wil baie dankie sê aan Kloof Mediclinic. Die diens en omgee wat ek daar ervaar het was uit die boonste rakke.

Dankie vir almal se gebede! Ek waardeer dit opreg! Die Here is goed-punt.