Sestien mense (16) is Woensdagoggend in Buffelsdraai, KZN, geskiet terwyl hulle vir kos, plastiek, karton en skrootmetaal gesoek het.
Reaction Unit SA (Rusa) het gereageer op ‘n oproep van paramedici van Emergency Medical Rescue Services (EMRS) wat hulp versoek het om die beseerdes van Redcliffe-kliniek in KZN na die Osindisweni-staatshospitaal te vervoer.
Rusa-lede is onmiddellik na die toneel ontbied en met hul aankoms ingelig dat twee mense reeds na die hospitaal vervoer is.
Verskeie slagoffers het reaksiebeamptes ingelig dat hulle besig was om kos en herwinbare goedere by die Buffeldraai-stortingsterrein in Buffelsdraai bymekaar te maak toe veiligheidsbeamptes met rubberkoeëls op hulle losgebrand het. Hierdie inligting kon nie onmiddellik deur reaksiebeamptes bevestig word nie.
Die beseerdes is deur verskeie ambulansdienste na ‘n hospitaal geneem.
Ondersoeke duur voort.



