Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die Bethelsdorp-polisie het die gemeenskap se hulp gevra om ’n man (34) wat op 24 Maart 2023 verdwyn het, op te spoor.
Erin Kampher het glo op 24 Maart sy huis in Femberstraat verlaat en nooit teruggekeer nie. Sy familie en vriende is gevra of hy by hulle is, maar niemand het hom gesien nie. Hy is op 6 April as vermis aangemeld.
Hy het ten tyde van sy verdwyning ’n grys T-hemp en swart sweetpakbroek aangehad. Sy kinders se name is op die kant van sy bors getatoeëer.
Enigiemand met inligting word aangemoedig om die polisie te kontak.
Bronne: SAPS



