Openbare bystand word gevra om die 37-jarige Christopher Panagides op te spoor.
Panagides is Woensdagmiddag (05/07/2023) laas op ‘n minibustaxi in Sunningdale, KZN gesien en kan sedertdien nie opgespoor word nie. Sy voorgenome bestemming kon nie bevestig word nie. Hy het swart Nike-tekkies, ‘n groen trui en ‘n bofbalpet gedra.
Deel asseblief hierdie plasing en as iemand inligting oor Panagides het, kontak asseblief Reaction Unit South Africa (Rusa) by 086 1234 333.



