Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
’n Man met ‘n mes het glo vandag ses mense doodgemaak en een gewond by ’n kleuterskool in China.
Die man (25) is in hegtenis geneem na die aanval in Lianjiang, Guangdong. Die polisie is besig om die saak te ondersoek.
Een onderwyser, twee ouers en drie kinders is dood in die aanval. ’n Onbekende getuie het glo vir die media gesê die aanvaller se kind is deur een van die mense wat dood is, raakgery.
Bronne: Euronews, EWN, ABC News, NY Times
Lees ook: Vermeende huurmoordenaars aangekla van minstens 13 moorde



