Bobby vir beste akteur genomineer

Deel hierdie storie / Share this story

Die sanger, en deesdae ook akteur, Bobby van Jaarsveld, is vir beste akteur in ‘n drama genomineer.

Van Jaarsveld, wat in die dramareeks, Spoorloos 4, verskyn het, sê daar is net te veel mense om voor dankie te sê.

“Die Spoorloos 4-span was so groot gewees met soveel mense wat elke dag so hard gewerk het. Ek is dankbaar vir elkeen van julle!”

Die Silwerskermfeestoekennings 2023 vir Film en Televisie sal op Sondag 27 Augustus om 20:00 op kykNET , DStv-kanaal 144, uitgesaai word .