Vermeende huurmoordenaars aangekla van minstens 13 moorde

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die nasionale vervolgingsgesag in KwaZulu-Natal konsolideer ‘n saak teen twee vermeende huurmoordenaars wat teen die einde van die proses aangekla sal wees van minstens 13 moorde.

Sbonelo Wiseman Shangase (31) en Talent Mkhize (26) het Vrydag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn. Hulle sal ook aangekla word van verskeie pogings tot moord en ontvoerings. Die saak is na die Durbanse hooggeregshof geskuif.

Daar is verskeie sake en aanklagtes teen Shangase wat insluit moord, poging tot moord, kaping, roof en ontvoering.

Albei word aangekla van moord, ontvoering en roof met verswarende omstandighede.

Bronne: IOL, Flipboard

Lees ook: Meisie vermoor glo voormalige kêrel met sy eie mes