Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
‘n Vrou (28) het glo Vrydagaand haar voormalige kêrel buite ‘n taverne in Sehlajaneng, Vrystaat, met sy eie mes doodgesteek.
Die vrou se voormalige kêrel (22) het haar by ‘n plaaslike taverne sien ingaan. Hy het haar genader en hulle het uitgegaan. Die man het haar glo in die linkerskouer met ‘n mes gesteek en sy het die mes by hom afgestoei en hom twee keer in die bors gesteek.
Volgens die SAPD het hy ineengestort en is met ‘n privaat voertuig na ‘n hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk het. Die vrou is in hegtenis geneem en sal vandag in die Tseki-landdroshof op ‘n aanklagte van moord verskyn.
Bronne: IOL, News365, Daily Sun, VN Explorer



