Taxibaas en 2 ander in Limpopo doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Drie mense, insluitend ’n taxibaas, is Saterdag in Mohodi, Limpopo by ’n eetplek doodgeskiet.

Die polisie is op soek na gewapende verdagtes wat glo vanuit ’n wit Audi op die drie mans geskiet het en toe gevlug het.

Die polisie ondersoek drie moordsake en sê die motief is nog onbekend, maar dit is moontlik verwant aan taxigeweld.

Enigiemand met inligting word aangemoedig om kol. Kgadiswana Minisi by 082 565 8601 te skakel of kapt. Kwena Manamela by  082 414 3088.

Bronne: SAPS

Lees ook: Meisie vermoor glo voormalige kêrel met sy eie mes