N10 gesluit na ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die N10 tussen Cradock en Cookhouse is gesluit na ’n ongeluk tussen twee trokke en ’n bakkie vanoggend plaasgevind het.

Die drywer van een trok is oorlede op die toneel en die sewe insittendes van die bakkie is na die Cradock-hospitaal geneem vir behandeling. Die bakkie het glo stilgestaan op die kant van die pad toe die trok daarin vasgery het.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag en is steeds op die toneel.

Bronne: SAPS

Lees ook: Ses mense dood in aanval by kleuterskool in China