Vyf kinders is oorlede nadat ‘n bakkie Sondagaand omstreeks 23:30 op die N1 naby Kaapstad omgeslaan het.
Nog vier kinders en twee volwassenes het matige beserings opgedoen.
Jeandré Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van mobiliteiet het ‘n Ford Bantam-bakkie naby die R300-afrit in Brackenfell omgeslaan.



