‘n Man (28) van Cata in die Oos-Kaap het glo sy ouma en oupa met ‘n byl vermoor en sal vandag in die hof verskyn.
Die beskuldigde het glo die daad in die teenwoordigheid van ‘n vierjarige kind gepleeg.
Volgens polisiewoordvoerder, AO Majola Nkohli, is die polisie Vrydagaand na die slagoffers se huis ontbied waar die 83-jarige man en 73-jarige vrou dood aangetref is.
Die beskuldigde het glo aan familielede erken dat hy die misdaad gepleeg het. Hulle het hom vasgebind totdat die polisie op die toneel opgedaag het.
Dwelmmisbruik het glo ‘n rol in die misdaad gespeel.



