‘n Man (69) is Sondagmiddag 9 Julie 2023 deur ‘n motorfietsryer in Toddstraat in Verulam, KwaZulu-Natat getref.
Reaction Unit South Africa sê hulle is net na 12:34 deur getuies van die voorval verwittig.
Met aankoms is reaksiebeamptes ingelig dat ‘n bejaarde voetganger deur ‘n afleweringsmotorfiets getref is toe hy die pad wou oorsteek.
Dit blyk volgens CCTV video-opname dat die motorfietsbestuurder ‘n bakkie tydens die insident verbygesteek het.
Die beseerde voetganger is privaat vir mediese behandeling na ‘n fasiliteit vervoer.
Die motorfietsbestuurder is nie tydens die voorval beseer nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



