Verdagte van ‘sakeroof’ binne ure aangekeer

Deel hierdie storie / Share this story

Een van twee verdagtes, in sy 20’s, wat na bewering Saterdag 8 Julie 2023 ‘n Chinese besigheid in Ladybrand, Vrystaat, beroof het, is vinnig deur polisie aangekeer, waarna gesteelde buit teruggevind is.

AO Mmako Mophiring sê die verdagtes, een gewapen en beide geklee in balaklawas, het na bewering omstreeks 18:45 op die besigheid toegeslaan.

Die verdagtes het glo geld geëis. Twee selfone van die eienaar en sy werknemer is gesteel, waarna die verdagtes te voet van die toneel gevlug het.

Die polisie, wat omstreeks 19:45 op die toneel was, kon die verdagtes van die Manyatseng-woonbuurt van ‘n CCTV-video-opname identifiseer. Bykomende steun is van nog lede en K9 aangevra en een verdagte is daarna binne ure vasgetrek.

‘n Windbuks, twee selfone en kontant is van die rooftog teruggevind. Die tweede verdagte is nog soek.

Die verdagte in aanhouding sal na verwagting Dinsdag 11 Julie 2023 in die Ladybrand-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.