Deon Nel (30) is sedert 5 Julie 2023 omstreeks 22:59 van Wolmaransstad in Noordwes, vermis.
Nel het met sy Mazda BT 50 met registrasienommer JRR 729 NW gery.
Hy is van medium bou en is 1,75 m lank, weeg 85 kg en was in ‘n bruin kortbroek, kamoefleerbaadjie, leer cowboy-hoed en Grasshopper-skoene geklee. Nel het bruin oë, bruin hare van medium lengte en ‘n kroon op sy regteroogtand. Uitkenbare merke is littekens op sy ken, kop, knieë en elmboë.
Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevin,d kan met die volgende persone in verbinding tree:
Kapt. Annelize Wagner of Wolmaransstad SAPD by of Stop Misdaad by 08600 10111.
Pink Ladies-organisasie by 072 214 7439 of 083 378 4882.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



