Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die Welkom-polisie het hulp gevra vir om Thabo Reginald “Zakes” Molelle (40) op te spoor. Hy is glo laas op 30 Junie 2023 by sy huis in Mercutiostraat, Bedelia gesien.
Volgens sy vrou het sy vir ‘n naweek by haar familie op Wesselsbron gaan kuier. Haar man was by die huis toe sy geloop het. Toe sy na die naweek terugkom, was hy nie daar nie en het nooit teruggekom nie.
Dit is onbekend wat hy aangehad het toe hy vermis geraak het.
Enigiemand met inligting word aangemoedig om AO Jerry Lenyane by 083 426 8343 of crime stop by 08600 10111 te skakel.
Bronne: SAPS
Lees ook: Huisbraakverdagte in Phalaborwa gesoek



