Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die Phalaborwa-polisie is op soek na ’n verdagte wat Woensdagaand by ’n huis ingebreek het.
Volgens die polisie se inligting het twee verdagtes by die huis van ’n man (67) ingebreek, hom met ’n onbekende skerp voorwerp aangeval en vasgemaak. Verskeie items is na bewering deur die verdagtes gesteel, in die man se voertuig gelaai en daarmee weggery.
Die verdagtes en polisie was in ’n hoëspoedjaagtog betrokke toe die verdagtes beheer oor die voertuig verloor het. Een verdagte het gevlug en die ander een is later in die hospitaal aan sy beserings oorlede.
Die gesteelde items en drie vuurwapens is op die ongelukstoneel teruggekry.
Die polisie ondersoek nog die saak en is op soek na die ander verdagte. Enigiemand met inligting word aangemoedig om die polisie te kontak.
Bronne: SAPS



