Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die Daily Maverick het gister berig dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank vyf rekeninge verbind aan Steinhoff gevries het.
Die Reserwebank het aan IOL gesê hulle kan nie bevestig of die rekeninge gevries is nie, aangesien dit ’n voortgesette ondersoek is.
Steinhoff het glo nie in hulle nuutste finansiële state verklaar dat die bank hulle rekeninge gevries het nie. Hulle het eerder gesê hulle moet eers goedkeuring van die SARB ontvang om geld uit die rekeninge, wat R5.52 biljoen bevat, te onttrek.
Steinhoff se probleme het in 2017 begin toe die nuus breek dat daar glo bedrog in die maatskappy was en verskeie bestuurders krimineel aangekla kan word, insluitend die voormalige hoof Markus Jooste.
’n Duitse hof het onlangs ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van Markus Jooste uitgereik. Steinhoff sukkel met skuld en kan moontlik binnekort deur likwidasie in die gesig gestaar word.
Bronne: IOL, Daily Maverick, All Africa
Lees ook: Duitse hof moet besluit hoe om Markus Jooste in Duitsland te kry



