Vermiste man word gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die polisie op Cofimvaba, Oos-Kaap het die gemeenskap se hulp gevra om ’n vermiste man (37) op te spoor.

Siviwe Mawanda is op 25 Junie 2023 in die Cofimvaba-hospitaal opgeneem en is na die Frontier-hospitaal oorgeplaas vir oogtoetse, maar hy het nooit teruggegaan nie.

Hy het ’n blou denimbroek, wit All Star-sneakers en ’n swart baadjie aangehad toe hy vermis geraak het.

Die polisie moedig enigiemand met inligting aan om speur-sers. Luleka Ngqwane te kontak by 078 818 5419 of Crime Stop by 08600 10111.

Bronne: SAPS

Lees ook: Vermiste Britse akteur Julian Sands se liggaam gevind