Polisie ondersoek dood van beweerde rower

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die polisie in Humewood ondersoek die dood van ’n beweerde rower in Central.

‘n Rower (25) het glo gisteroggend ’n vrou (43) in Central genader en ’n mes uitgehaal en die band van haar handsak gesny. ‘n Struweling het tussen die slagoffer en die verdagte ontstaan, waartydens die slagoffer wat ook ‘n mes gehad het, glo die verdagte in die bors gesteek het. Die slagoffer het ’n snywond aan haar regterhand opgedoen.

Die verdagte is op die toneel oorlede.

Albei messe is gekonfiskeer en die polisie is besig om die saak te ondersoek.

Bronne: SAPS

Lees ook: Duitse hof moet besluit hoe om Markus Jooste in Duitsland te kry