‘n Kleuter (2) is Sondag 2 Julie 2023 in ‘n kritieke toestand uit ‘n swembad by ‘n huis in Valhalla, Centurion, Gauteng, gehaal.
Volgens CERT (Community Emergency Response Team) het nooddienste hulle omstreeks 12:45 na die toneel gehaas.
Met aankoms is gevind die tweejarige was reeds uit die water gehaal. Patrolleerders van Wierdabrug Sektor 2 GPF was besig was om lewensreddingsmetodes toe te pas.
KPR is verder deur mediese personeel gedoen en gevorderde paramediese intervensie is toegepas voordat die tweejarige vir verdere mediese behandeling in ‘n kritieke toestand na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.
Die volgende dienste is vir hul diens en bystand op die toneel bedank: CPF Wierdabrug S1, Gauteng Emergency Medical Services , Netcare911 , Fidelity ADT , Aequitas Security Solutions – Pty Ltd en Counterpoint Risk.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



