Cosatu betoog Donderdag

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Cosatu het aangekondig hulle is van plan om Donderdag die strate in te vaar en te betoog.

Hulle het gesê hulle is keelvol vir die verskeie krisisse wat die land ervaar. Hulle gaan onder andere betoog teen misdaad, werkloosheid, korrupsie en beurtkrag.

Cosatu het gesê hulle gaan ook betoog teen die stand van die ekonomie wat werkers se lewens versuur en hulle in skuld dompel.

Hulle het gesê aksie is nodig, want werkers is besig om ongeduldig te raak.

Die onafhanklike ekonomiese analis, prof. Bonke Dumisa, het gesê hy dink nie hierdie is die korrekte stap van die vakbond nie, omdat die land sukkel om die ekonomie uit die “tegniese resessievlak” te hou.

Bronne: IOL, eNCA, Polity, EWN

Lees ook: Ierse toeris sterf na valskermsweeftuie in Seepunt bots