R100 000 beloning na jong man in ‘tref-en-trap-ongeluk’ sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Foto: Ria van Wyk

‘n R100 000 beloning is aangekondig vir die opsporing en skuldigbevinding van die persoon wat na bewering vir die dood van Dylan Russell Bothma verantwoordelik was. Bothma, wat op 24 Junie 2023 ‘n partytjie bygewoon het, was eers gesoek, maar is in ‘n hospitaal as slagoffer van ‘n beweerde tref-en-trap-ongeluk op 25 Junie oorlede.

Enigiemand wat kan help met inligting wat tot die skuldigbevinding van die oortreder sal lei, word versoek om met Russell Bothma by 072 290 4591 in verbinding te tree.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

Op Saterdagaand 24 Junie 2023 is op sosiale media aangekondig Dylan Bothma van Heidelberg Gauteng word vermis, maar hy is na ‘n ongeluk oorlede.

Heidie Lundie, wat ook hulp gevra het om op die uitkyk vir hom te wees, het later in ‘n plasing gesê hy het na bewering na ‘n tref-en-trap-ongeluk in die hospitaal gesterf.

“Daar word gesoek na Dylan Bothma wat verdwyn het by ‘n geselligheid by Verdoornstraat 17 Rensburg. n Saak sal later by SAPS gemaak word, vir die oomblik wees asb. op die uitkyk.”

“Dylan was betrokke in n beweerde tref-en-trap-ongeluk en is in die hospitaal oorlede. Ons dink aan die familie en vriende en veral sy ouers in die hartseer tyd.”

Heidelberg Times het die nuus ook bevestig dat die jongman huis toe wou stap en glo die slagoffer van ‘n tref-en-trap-ongeluk was.

Hulle berig dat enigiemand met inligting oor die gebeure met die Heidelberg-SAPD in verbinding moet tree.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.