Seun (10) se onherkenbaar verbrande liggaam gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Moshi Matsobane Bradly (10) se onherkenbaar verbrande liggaam is Sondag 2 Julie 2023 omstreeks 00:30 te Marapong Uitbreiding 3 Manamelapark-plakkerskamp in Lephalale, Limpopo binne ‘n sinkhuis gevind.

Kol. Malesela Ledwaba sê die polisie het inligting van die gebrande liggaam ontvang.

Na bewering het die kind se ma hom by sy 17-jarige suster gelaat wat hom ook later deur die nag alleen gelos het.

Dit is nog nie seker hoe die brand ontstaan het nie.

Lt.genl. Thembi Hadebe het ouers gemaan om ekstra versigtig na hul kinders in die winter om te sien. Ouers moet weet waar hul kinders is en nie ‘n vuur onbewaak laat nie.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer en die ondersoek duur voort.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.